Hi Almal,
Net ‘n kort enetjie om die fotos van gisteraand op die site te sit en almal in kennis te stel. Enjoy! Ons sal later ‘n paar woorde oor die aand deel.
Groete,
“die Medic”
PS: Tanx virrie pix alweer Dad
Hi Almal,
Net ‘n kort enetjie om die fotos van gisteraand op die site te sit en almal in kennis te stel. Enjoy! Ons sal later ‘n paar woorde oor die aand deel.
Groete,
“die Medic”
PS: Tanx virrie pix alweer Dad
Hi Almal,
Ds Andre Jordaan is die ou wat Sondagaand so vinnig met ons ga deel, maar dit wil voorkom of hy is ‘n man met ‘n plan. Dit is sy boodskap aan al die lede van Jeug Riversdal op Facebook. So bring maar julle safetybelts saam. Sy versoek is die volgende.
“Ons skop die kwartaal af met Worship Complete So 18 Jul om 18:30 by AGS. Louw en die hele Band is daar en Rev/Past Andrew Jordan. Ons ga rock. GROOT GUNS – trek jou Fifa Sokker klere aan, bring vlae en sokker balle – ja en vuvuzela!!! SIEN JOU DAAR.”
Tot later,
Louw
Hi Almal. Die jeugweek het gekom met groot afwagting en ons kon nie glo hoe vinnig dit alweer verby is nie. Tesame met dit ook alweer April maand se Worship Complete Live! aand wat kort na die jeugweek gevolg het, maar ek sal ‘n aparte post plaas van die geleentheid.
Eerstens wil ek net se dat ons verstom was oor die opkoms vir die jeugweek en ek was selfs verder opgewonde oor die betrokkenheid van een van die plaaslike laerskole ook. Verder het ons vriende van Stilbaai ook besoek elke aand en is dit vir my ‘n teken dat dit ‘n item van waarde geraak het op die geestelike kalender van Riversdal. Kyk net hierdie mooi panorama foto van die kerk met almal wat daar was.
Attie Rall was die spreker vir die week en hy is geen vreemdeling hier nie weens sy betrokkenheid by vorige jeugweke en jeugaande van Moedergemeente. Attie het gefokus op die “high’s” en “low’s” van Dawid se lewe en het redelik reguit gepraat oor al die issues wat ons vandag het is nie werklik iets nuuts nie. Alreeds in die tyd van Dawid was daar uitdagings wat mense se geloof en daaglikse wandel uitgedaag het om nie in God se wil vir ons lewens te bly nie.
Dit was vir my goed om terugvoering te kry van verskillende oorde dat die week waarde gehad het vir die jong mense. Mag die week ‘n baken wees wat uitstaan vir hulle as daar terug gekyk word na hierdie jaar. Mag die waarhede wat gedeel is vassteek en vrug dra tot nog ver in die toekoms.
Ek paste ook die link na Ds. Andre hulle se Jeug Riversdal Group waar daar fotos van die week is. http://www.facebook.com/#!/group.php?gid=111972315494099&v=wall
Sien julle weer!
Soos ek in vorige posts ook al gese het is April maand vir ons ‘n groot maand met betrekking tot bedrywighede. So ja hierdie week is ons week van voorbereiding vir die eerste geleentheid. Hierdie komende naweek bou ons “stage” by Moedergemeente vir hulle jaarlikse jeugweek wat Maandag begin en Sondag stel ons klank op en later dan die “soundcheck”.
Dan ook Sondag 18 April is die volgende Worship Complete Live aand by die Jabes AGS gemeente in Riversdal. Ons wil graag dit ‘n bietjie anders doen hierdie keer en gaan dit meer ‘n “unplugged” gevoel he. So ons sien uit na ‘n lekker intieme setting waar ons kan kom om te soek na die Ps 23 se “waters van rus” en “groen weivelde”.
Verder het ons nog nie eers kans gehad om te vertel dat ons intussen alweer by Oakdale was nie. Sondagaand, 28 Maart, was ons gevra om die lofprysing te hanteer by ‘n aand diens wat hulle gereel het vir al die rugbyspelers wat die jaarlikse Oakdale rugby toernooi bywoon. In totaal is daar so 800 jong manne van regoor die land wat dit bywoon en was die saal vol met manne van Centurion, Worcester, Mosselbaai en van nog vele ander skole(ek kan maar net die paar onthou).
Om terug te kom by April is ek baie opgewonde om te kan se dat ons uiteindelik verlede jaar se jeugweek DVD gedruk en verpak gekry het en sal dit beskikbaar wees by die jeugweek. Net om julle gedagtes te verfris, dit bevat 5 liedere van die laaste aand se sang, maar spesifiek bevat dit die 4 aande se boodskappe van Ds. Manie Botha wat gehandel het oor verhoudings en dan ultimately ons verhouding met God. Regtig ‘n waardevolle versameling verpak in ‘n professionele DVD pakket. Ons gaan poog om hierdie jaar se Jeugweek weer op te neem, so kom en moedig jong mense aan om deel te wees van ewige oomblikke.
Apart van April is ons Vrydagaand, 7 Mei, in Stilbaai by die AGS gemeente vir ‘n jeugaand saam met “Rooies” Strauss as spreker. So ja, vir al die Stilbaai mense, ons kom darem ‘n bietjie daar na julle kant toe ook. Sommer ook dan net ‘n dankie vir julle moeite om so gereeld deur te ry na Riversdal. Julle is ‘n blessing.
Sien julle daar!
Hallo almal.
Ek het nog nie eers laat weet dat ons van 1 – 4 Februarie weer by Oakdale is vir hulle jeugweek nie. Dit het ‘n bietjie vinniger gekom as wat ‘n mens verwag het en hier is die tweede aand alreeds verby. Wat ‘n aand was dit nie! Die spreker vir die week is weer Ds. Manie Botha van George. Maandagaand het goed begin en die manne was uitgedaag om deur storms net te bly vashou aan Jesus. Gisteraand, Dinsdag, was egter iets anders. Manie het sy Reebok sandale letterlik en figuurlik uitgetrek om sagkens in die manne se harte te loop en gesels oor dinge wat na aan die hart le. Ek en my Pa.
Met afloop van die boodskap het Piet getuig oor hoe die Here bewerkstellig het dat daar versoening tussen hom en sy pa kon kom. Die oomblik was so spesiaal na Manie en Piet se woorde dat ons daarna net die outjies geleentheid gegee het om ‘n bietjie te reflekteer op dit en die wat wou gaan kon uitgegaan het. Wat ‘n voorreg om te sien hoe die Here self jong manne kom besoek het en Homself aan hulle openbaar het as hulle hemelse Vader terwyl ons ‘n geleentheid geskep het van aanbidding.
Verder vertrou ons dat daar net voortgebou sal word op hierdie fondasie wat gele is vir die jeugweek, maar ook vir die res van Oakdale se 2010! Ons sal julle op hoogte hou van die res van die week en dan ook sommer dankie vir die wat al gese het hulle dink aan ons en bid vir die geleentheid.
Louw
Hi almal, nog ‘n maand het verby gevlieg en ons staan voor die volgende Worship Complete Live aand by Jabes AGS, Riversdal. Ons sien uit na die komende Sondagaand met ‘n baie vars band wat bestaan uit ‘n paar nuwe gesigte en ‘n paar “regulars”.
Marlize sal leiding neem die aand met Eunene op keys, Anette(spelling?) – acoustic & vocals, myself op elektries, Annelie Conradie – vocals, Ulrich(Skoolgaande jong man wat lief is vir musiek en nie skaam is vir sy geloof nie!!!) – vocals, Corne(Nog ‘n skoolgaande jong man van Stilbaai wat ook al lank met ons saamkom) – bass en dan AD op dromme. Andre Jordaan van die Moedergemeente sal ‘n kort woord bedien. So ons sien uit daarna om nie net ‘n ongelooflike tyd saam met musiek en mekaar te geniet nie, maar om die geleentheid te gebruik om vir ‘n uur of wat net onsself nader te trek aan die Here en Hom ultimately te geniet as die lewendige persoon agter die “event”.
So, sien julle daar en kontak ons gerus indien julle meer inligting wil hê.
Louw
Hallo almal! Wat ‘n week! Die jeugweek het ons met ‘n spoed getref en dit het gisteraand alweer met ‘n hoogtepunt afgesluit. Wat ‘n week! Net vir die voorbereiding vir die week het ons alreeds ervaar die jeugweek gaan iets spesiaal wees. Op dit alles het die Here self vir ons ‘n stuk toerusting kom verskaf waarmee ons ‘n volledige opname kon doen van die week se sang en boodskappe. Dit was ‘n ongelooflike ervaring om ons visie met mense te deel en te sien hoe mense inkoop in dit. Dit bevestig net weer vir my dat die Here met ons ook op pad is. Hier is ‘n foudie van die “stuk toerusting”. Moenie geflous wees nie, dit is nie net ‘n gewone ou mixertjie nie. Al 16 daardie kanale kan net so skoon en afsonderlik na die rekenaar oorgedra word vir “multi-track recording”.
So julle ouens wat in die banke gesit het dink dalk die week was net vir julle, maar nee, dit was vir ons wat daar voor op die verhoog gestaan het ook. Dit is die fasineerende ding om ‘n mede werker van God te wees(1 Kor. 3:9), ‘n mens gaan om ander mense te “bedien”, maar op die ou ent van die dag is dit vir ‘n mens self so ‘n verrykende ervaring.
Alhoewel Manie sekerlik een van die “snaakste” sprekers nog was wat ons by ‘n jeugweek gesien het, wil ek amper se hy is die ernstigste ook. Tussen deur sy grappe en gelag is sy boodskap baie ernstig en duidelik wanneer hy met ons gepraat het oor wat die ideaal van verhoudings is waarna ‘n mens kan strewe, en die beste van alles is dat die hierdie ideale, goeie vrugte dra in ‘n mens se lewe. Dit beskerm jou teen foute maak. Dit beskerm jou teen jou eie “slimheid”. Dankie Manie, dit was fantasties om in dieselfde span te wees.
Alreeds teen die einde van die laaste aand wou mense bestellings geplaas het vir die DVD van die week, maar julle ouens sal my eers moet kans gee. Ek hoop om dit binne die volgende maand verwerk te he. So hou maar die site dop vir wanneer die DVD beskikbaar is. Verder is daar nog baie fotos wat moet opkom en sal dit darem nie ‘n maand vat om te gebeur nie. hehe.
Hallo almal, ja die tyd gaan vinniger verby as wat ‘n mens dink. Maart is op sy rug en ons staan voor die deur van April, wat beteken dit is die maand van Moedergemeente se jaarlikse jeugweek. Die spreker vir die week is Manie Botha van ‘n gemeente in George. Ek is baie opgewonde in my hart oor dit wat aan die gebeur is in ons dorp ten opsigte van jeug en hoe die Here self besig is om momentum onder jongmense aan die gang te sit. Jongmense wat opgewonde raak om op te staan vir Christus en nie net in ‘n teologie te glo nie, maar jongmense wat weet Hy is ‘n waarheid en dat Jesus leef in hulle.
So vanuit die “band” se perspektief is ons uiters opgewonde oor dit en begin ons volgende week voor te berei vir die jeugweek. Ons sien uit daarna met ‘n voorlopige span wat wat uit die volgende persone bestaan: AD Hendricks(Bass&Vocals), Piet Willemse(Drums), Kobus van Wyk(Acoustic&Vocals), Louw de Villiers(Electric&Vocals), Aletta Sutherland(Keys), Quinette le Roux(Vocals) en Marlize van der Merwe(Vocals).
So die bal is aan die rol en ek weet dit gaan iets wees om na uit te sien, nie oor die mense wat daar gaan wees nie, maar omdat dit ‘n week is waar ons net met afwagting na die Here kan gaan. Exciting stuff!!!
Hi everyone. I know I said that I won’t be posting stuff that came from my little home studio’s earlier stuff, due to the quality of it, but I stumbled upon a small little instrumental recording that I did when I started fiddling with audio multi-tracking and this was the result. It was my inspiration to try and try again when stuff really didn’t come together. This isn’t even always in time I think, but all the pieces just “works” together to create a nice, easy listening tune. From that the name Easy Goin’. Hope you enjoy it and please comment. Louw
Partykeer wanneer ons sulke jeugweke doen dan is dit vir my soms moeilik om spoed te hou in toewyding vir die week. Soos daardie golf wat Ernst van gepraat het. Dit is so maklik om net die golf te ry en dit te geniet, maar om actually op en wakker te bly en te besef dat die tyd kort is voor die week alweer klaar is. Ek kan nie bekostig om uit te mis nie. Ek is nie net daar om maar ietsie te doen nie, maar ek is daar omdat ek daar saam met my vriend, vader, skepper, saligmaker, en, en, en, God is. Hy verkwik my siel, en dit is wat ek vanaand ervaar het. Hy is die een wat die waarde aan die dag voeg. Hy is die een wat besig is met mense, en met my. Dit is so cool!!!
Ernst se woorde kon nie meer duidelik gewees het vanaand nie. Wat maak ons met ons lewenswater. Laat ons dit toe dat ons besoedel word, of het ons die fontein van lewende water binne ons wat borrel en oorloop na ander. Dit is amper ‘n jammerte dat ons moreaand moet klaarmaak, maar kom ons gaan groot of gaan huis toe.
Wel soos gisteraand ook het AD die aand afgesluit met so ‘n vinnige ritmiese skouspel. As ‘n mens kan dan kan jy. hehe. Ek het aan die begin uitgelaat om te se van Marius wat op klank is, Schalk op die laptop om die songs se woorde te wys en dan thanx aan Vivian wat vanaand die set lekker gemaak het met die lekker vanilla rokies en ligte en moondot’s en moonflowers en wetie wat nog als nie. Julle ouens is super cool. O ja, en twee songs van gisteraand is in die playlist van die music player bygesit, In die Hemel en How great is our God. Enjoy