Ek het sommer gevoel om so ietsie te deel wat so week terug op my hart was! Ons sê so baie keer vir onsself of vir mekaar dat ons die Here moet loof en prys in alles! Natuurlik is dit waar en ek glo ons harte is regtig opreg, maar na ‘n paar dae van konfrontasie met uitdagende situasies en dalk moeilike omstandighede (vir ander) en waak oor die die vreugde in my hart besef ek net weer hierdie woorde is ietwat moeliker om toe te pas as wat ons dalk aan onsself erken. Ons verwys graag en ek hou tog self so baie van die storie van Paulus en Silas wat toe hulle in die tronk was die Here geloof en geprys het; dat die aarde geskud het en die tronkdeure oopgegaan het of na Dawid wat so baie Psalms gekryf het terwyl dit regtig rof in sy lewe gegaan het, maar wanneer dit wat vir my realiteit is teen al hierdie waarheid skree, is dit regtig moeiliker.
Die volgende woorde wat Matt Redman skryf het by my opgekom en my baie bemoedig, “Situations change for better or worse, but God’s worth never changes.” Hier het ek net weer iets ontdek. Ons heg waarde aan alles wat in ons lewe met ons gebeur. Wanneer die Here iets in ons lewe doen heg ons waarde daaraan, maar omstandighede en ander dinge wat gebeur kompeteer teen en beroof ons van dit wat die Here in ons lewens doen. Wanneer die waarde van die een dan in my lewe styg, daal die waarde van die ander. Luister ek na opinies van mense oor my of na dit wat God van my sê, heg ek waarde aan die standaarde van die wêreld of aan die standaarde van God, heg ek waarde aan God se Woord wat die waarheid is? Dan die belangrikste vir my: Heg ek waarde aan Wie God in my lewe is?!!! Sjoe, dan besef ek omdat ek weet, dat ek weet, op grond van WIE Hy is, die waarde wat God vir my het, wil ek Hom loof in alles! Kan dit wees dat Paulus en Silas God geloof en geprys het omdat hulle geweet het Sy waarde is ver bo die situasie waarin hulle hulself bevind het, ver bo dit wat hulle prys gegee het en sommer net vir Wie Hy in hulle lewens was? Ja, omstandighede en situasies verander, maar God se waarde verander NOOIT nie!!!! Daarom kan uitroep en sing in alle omstandighede: “Here my God ek sal U loof, ek sal U prys, U is ongelooflik, U is alles vir my!”
Phil 3:7,8
“But what things were gain to me, those I counted loss for Christ. Yea doubtless, and I count all things but loss for the excellency of the knowledge of Christ Jesus my Lord: for whom I have suffered the loss of all things, and do count them but dung, that I may win Christ.”
“U is alles vir my
U is die lied hier op my lippe, U’s die Naam wat ek bely
U is alles vir my
U’s my begin, U is my einde, U’s my weg, U is my lewe
U is alles vir my en U is genoeg!”
Retief Burger