Posts Tagged ‘aanbiddingsbelewenis’

Exciting Stuff . . .


2010
07.19
exciting-stuff

Hi Almal,

Net ‘n kort enetjie om die fotos van gisteraand op die site te sit en almal in kennis te stel. Enjoy! Ons sal later ‘n paar woorde oor die aand deel.

Groete,

“die Medic”

PS: Tanx virrie pix alweer Dad :)

Julie!!!


2010
07.08

Hallo Almal,

Net ‘n kort boodskap om vir al julle klomp mooi mense te se dat ons weer die 18de bymekaar kom by Jabes AGS vir Worship Complete en almal is welkom.

Worship Complete Live! April


2010
04.22
worship-complete-live-april

Hi Almal,

Soos ek gese het sal ek iets apart skryf oor Sondagaand wat verby is. Dit het in ons harte gebrand om ‘n bietjie af te skaal met die “woema” en meer rustig te wees. Ek glo dit is maar die invloed van die jeugweek se aksie, maar tog het was daar ‘n gevoel dat ons graag wil reflekteer oor wat songs beteken of kan beketen vir ons wat die instrumente speel en sing, maar ook om te reflekteer oor die die waarheid in songs. Liedere word gebore uit ‘n ervaring wat iemand in hulle lewe het en sal sekere liedere vir ons meer “beteken” as ander weens die emosie en woorde van die lied.

So kon ons Sondagaand ‘n bietjie fokus op hoe liedere ‘n rol speel as ‘n vorm van uitdrukking teenoor die Here en dit deel met die mense hoe amazing Hy eintlik is. Verder het Christo ‘n kort en baie realistiese boodskap oor om hoe aanbidding werklikheid word wanneer ons vir Hom kies binne tye wanneer dit nie noodwendig so maklik is of binne die lekker, sagte atmosfeer van ons gemeentes nie. Vir my was die hele aand net waarlik ‘n geleentheid waar ons ‘n bietjie kon gaan le in die spreekwoordelike groen weivelde saam met die Here en Hom toelaat om ons siel te “restore”. (verkwik is nie altyd so verstaanbaar nie. hehe)

Dus was dit vir ons baie spesiaal en hoop dat dit waarde gehad het vir elkeen wat daar was om nie net ons harte te hoor nie, maar om die Here se hart vir ons elkeen te hoor op Sy unieke manier waarmee Hy met ons elkeen afsonderlik werk.

Hier is so ‘n paar foudies en weereens dankie aan almal wat betrokke was en spesifiek vir die ouens wat saam met my hulle harte gedeel het, die klank en ligte manne bo in die boks en my Dad wat alweer daar was met die kamera om die sagtheid van die aand vas te vang op digitale film :)

Die Koevert . . .


2010
03.15
die-koevert

Hi Almal,

Die tyd het so gevlieg dat ek nie eers ‘n aparte kennisgewing op die site gesit het dat ons vanaand Maart se Worship Complete Live aand gehad het nie. Maar ja, dit het gekom – en dit het gegaan. Marius hulle het gevra dat ek moet deel vanaand en gesien vanuit daardie oogpunt is dit moeilik om die aand op te som vanuit ‘n neutrale hoedanigheid. Ek kan maar slegs deel oor wat my ervaring was van die aand.

Dit was vir my goed om ‘n bietjie te reflekteer oor hoekom ons doen wat ons doen. Die analogie van die koevert met ‘n boodskap binne in het rerig tot my gespreek dat dit gaan oor die boodskap binne in die koevert en nie oor die koevert nie, al is die koevert hoe “mooi”. Dit verwys dan na hoe ons harte die boodskap dra van ons aanbidding en ons uiterlike uitdrukking, hetsy beweging of sang, slegs die koevert is wat die boodskap van ons harte oordra. Wat egter belangrik is, is dat dit kom vanuit ‘n hart wat vol aanbidding is vir Hom en nie net uiterlike dinge doen omdat ons dink dit is die uiterlike dinge wat vir God spesiaal is nie. In ons tydjie voordat die aand begin kom die “band” gewoonlik saam om net ‘n bietjie rustig te raak en het ek kortliks gedeel oor wat op my hart is vir die aand en was dit vir my ongelooflik om te sien hoe die boodskap van om ons Skepper in gees en waarheid te aanbid net so deel is van hulle harte. Die res van die aand was vir my net ‘n ongelooflike tyd waar ek en my beste Vriend net kon tyd saam spandeer. Selfs toe ek my hart gedeel het oor aanbidding en hoe ek glo dit is iets wat vir God baie waarde het wanneer dit uit ‘n eerlike hart kom, kon ek dit deel met geen twyfel in my hart nie, want Hy is nie net ‘n stuk teorie of lering in my kop nie, maar ek doen wat ek doen omdat ek ‘n ongelooflike Persoon ontmoet het en is dit in sulke tye van opregte aanbidding waar ons Hom kan vind sonder die dinge van ons gewone dag wat ons aandag aftrek.

Nou ja, soos julle sekerlik kan sien was dit maar vir my ‘n redelike persoonlike aand, maar ek glo dit was ook spesiaal vir ander. Tot op hede is Maart maand nog rustig en is ons volgende afspraak by Moedergemeente se Jeugweek in April. Sien julle daar! :)

Sondagaand – 21 Feb 2010


2010
02.23
sondagaand-21-feb-2010

Hi julle!

Sondagaand 21 Februarie het ons afgeskop met ‘n regtig besonderse eerste Worship Complete Live – aanbiddingsaand! Wow, die boeties en sussies in Jesus het gesing dat die dak lig, vreugdevolle en entoesiatiese lofprysing en aanbidding aan ons Koning Jesus, dit het vir my uitgestaan!

Met André Jordaan se kreatiewe en illustrerende manier van die woord bedien, sal ons beslis nie sommer die boodskap vergeet nie – Passop! Die Sonde bekruip jou! Hy het vertel van die Arabier wat sy kameel toelaat om vir ‘n bietjie hitte teen die koue sy neus in die lekker warm tentjie in te druk, maar soos die aand vorder en dit kouer word, word die neus later die kameel se kop . . .sy skouers . . . en uiteindelik is kameel boggels en al binne in die tent.  Arme arabier het byna geen spasie meer oor nie! Net so moet ons nie die vyand ‘n kans gee om ons te verlei met allerhande versoekings nie, want voor jy jou kry is hy pens en pootjies binne in jou “huis”.  Ons moet sorg dat ons die Woord ken en net soos Jesus ook gedoen het toe Hy deur die vyand versoek is, moet ons ook die vyand tee staan met die krag van die Woord.  Ons moet kies om klaar te maak met enige sonde wat nog in ons lewens mag wees en geregverdig in Jesus, afgesonderde lewens vir Hom en tot Sy eer leef!  Kom ons moedig mekaar aan hierin!

Baie dankie aan almal wat met opgewonde harte saam met ons kom aanbid het.  Dit was so spesiaal om te sien hoe julle na afloop van die aanbidding mekaar geseën en bedien het!  Dit was sommer net ‘n fees!  Die volgende Worship Complete Live is 14 Maart ;)

Sien julle daar! O ja, moenie vergeet van Donderdagaand 25 Feb se Jeugaand by die Moedergemeente om 6:30 nie!

Soet wees en sout wees!

Marlize

PS: Dankie vir die fotos Oom Toubs!

Ulrich, Marc & Eunene

Picture 1 of 13

Time Flies . . .


2010
02.18
time-flies

Wat ‘n maand! Februarie het op ‘n baie hoe noot afgeskop by Oakdale en was dit nie ‘n ongelooflike week saam met die 400? jong manne van die landbou skool nie. Kort daarna was van ons betrokke by ‘n bedieningsgeleentheid te Robertson en hier is ons nou, ons eerste Worship Complete aand vir 2010!!! Komende Sondagaand skop ons 2010 se maandelikse aanbiddingsbelewenisdienste af by Jabes AGS, Riversdal.

Ons glo dit gaan weereens ‘n fantastiese geleentheid wees waar ons as gelowiges van verskillende agtergronde saam kom om Jesus te verheerlik, maar ook om as ‘n liggaam saam Hom te ontmoet en die ongelooflike persoon wie Hy is te ontmoet en te geniet.

Verder in die pyplyn is ons dan ook by komende Donderdag by Riversdal NG Moedergemeente vir hulle eerste jeugaand vir 2010.

Sien julle daar!

Worship Complete – Aanbiddingsbelewenis 21 Junie ’09


2009
06.22
worship-complete-aanbiddingsbelewenis-21-junie-09

Hiya almal!

Wow, wat ‘n amazing aand het ons nie gisteraand gehad nie!  Dit was die eerste Worship Complete worshipaand, wat ons dan ook vertrou ‘n meer gereelde geleentheid sal word.  ‘n Aand waar ons met alles wat in ons is die Here kon loof en prys en Hom sommer net kon geniet; waar mense uit verskillende gemeentes saam gebring is in aanbidding voor God omdat ons Hom almal lief het en Hy ons fokus is!  Daar is krag daarin wanneer God se mense in eenheid saamkom en aanbid!  My hart was gisteraand net so vol van hoe getrou die Here is om ons gehoorsaamheid te eer; Hy het ons met Sy teenwoordigheid kom seën!  Ek was so opgewonde om te sien hoeveel opgedaag het ten spyte van die feit dat die bemarking vir die aand nie baie lank voor die tyd gedoen is nie.  Dankie julle!!!

Ds Andre se kort maar kragtige boodskap het my net weer laat besef dat ons kan nie bekostig om te compromise met enigiets in ons lewe nie, as ons vir Jesus wil lewe, moet ons dit met alles in ons doen!  Klein goedjies wat ons toelaat in ons lewe word al hoe groter goed en ons word daardeur gebind en voor jy jou kom kry is jy toegespan in daai tou!  Kom ons lewe lewens waar ons groei in Jesus en  ander kan optrek en nader trek aan Hom eerder as om deur ander beïnvloed te word!!!

Sjoe, sien sommer baie uit na die volgende Worshipaand!  Hou die site en Facebook dop vir ‘n datum, sal lekker wees om weer so baie van julle daar te sien!