Live!
06.23
In die begin van 2009 het die Here die gedagte in my hart wakker gemaak om ‘n meer gereelde Worship geleentheid tussen gemeentes in die lewe te roep.
Ek weet dit brand in baie ander se hart ook en ek het die Here gevra om dit oop te breek en vir my te wys wat Sy wil is met dit. My vrou het eerste in my opgewondenheid gedeel en was positief en van daar het ons met ‘n paar ander mensies gepraat en ek het vrede in my hart begin kry dat God dit wil en kan gebruik tot uitbreiding van sy koningkryk. Die hoof doel is om mense wat graag God met lofprysing en aanbidding wil dien die geleentheid voor te skep en dan ook diegene wat miskien nie andersins in die kerk sou kom nie, na so geleentheid te nooi sodat hy bedien kan word. Ons vertrou dat die Here dit kan gebruik om mense nader na Hom te trek.
Die manier om dit te doen is deur gebruik te maak van ons wonderlike talentvolle mense in ons eie dorp vir sang en musiek met die nodige beligting en klank wat sal sorg vir iets wat mens nie aldag in die kerk sien en beleef nie. Ons wil dit wat God vir ons gegee het aanwend tot eer van Sy Naam. Kolessense 3, 14-17 nooi ons uit om Hom lof te bring en kolossense 1, 18-20 roep die skepping uit dat God, Vader Seun en Heilige Gees aanbiddings waardig is en almal met Hom wil versoen.
Met dit as agtergrond sal ons sien hoe die geskiedenis van hierdie aanbiddingsbelewenis aande geskryf gaan word.
Groetnis,
Marius