NG Jeugweke

2009
04.30
Hallo almal, ja die tyd gaan vinniger verby as wat ‘n mens dink. Maart is op sy rug en ons staan voor die deur van April, wat beteken dit is die maand van Moedergemeente se jaarlikse jeugweek. Die spreker vir die week is Manie Botha van ‘n gemeente in George. Ek is baie opgewonde in my hart oor dit wat aan die gebeur is in ons dorp ten opsigte van jeug en hoe die Here self besig is om momentum onder jongmense aan die gang te sit. Jongmense wat opgewonde raak om op te staan vir Christus en nie net in ‘n teologie te glo nie, maar jongmense wat weet Hy is ‘n waarheid en dat Jesus leef in hulle.

So vanuit die “band” se perspektief is ons uiters opgewonde oor dit en begin ons volgende week voor te berei vir die jeugweek. Ons sien uit daarna met ‘n voorlopige span wat wat uit die volgende persone bestaan: AD Hendricks(Bass&Vocals), Piet Willemse(Drums), Kobus van Wyk(Acoustic&Vocals), Louw de Villiers(Electric&Vocals), Aletta Sutherland(Keys), Quinette le Roux(Vocals) en Marlize van der Merwe(Vocals).

So die bal is aan die rol en ek weet dit gaan iets wees om na uit te sien, nie oor die mense wat daar gaan wees nie, maar omdat dit ‘n week is waar ons net met afwagting na die Here kan gaan. Exciting stuff!!!

Hi Almal,

Ja die aanloop na die jeugweek het Dinsdagaand afgeskop met ons eerste voorbereidingsessie ten opsigte van die musiek. Ons het maar net ‘n paar nuwe songs deurgewerk en ek is meer en meer opgewonde oor dit wat kom. Van die nuwes sluit in Ek wil gereed wees, Vader ons eer U, Onbeskaamd, Hier is ek en nog vele meer.

Ek wens so dat daar ‘n manier is om die jeugweek te begin bemark by die skole op ‘n ander manier. Maar my motto bly maar “ons doen wat ons kan”. So hier is ‘n paar foudies, wat nog sal meer word oor die tyd. Met alle voorspoed sal ons dalk hierdie jaar ‘n volledige lewendige opname kan doen, maar tyd sal leer. Oja, thanks dad vir die foudies. Later, Louw

Die chicks . . .

Picture 1 of 28

Hallo almal! Die eerste aand was ‘n super geleentheid met ‘n baie goeie opkoms. Ons het onsself gate uit geniet met die musiek se maak. Die spreker is Manie Botha van George, en het sy hart eerlik gedeel oor die standaarde van Goddelike verhoudings. Dit was immers sy inleiding vir die week en ons sien uit oor hoe die Here met ons gaan praat deur die week.

Get the Flash Player to see this content.

Te midde van die rook en beligting en deelnemende gehoor, het ek ‘n baie spesiale ervaring gehad gedurende die tyd van sang. Ek het ervaar hoe al die mense voor die verhoog net wegraak en ek het die gevoel gekry dat ons waarlik dit net vir die Here doen en nie vir die skare wat saam handeklap, dans en sing nie. Alhoewel dit dalk soos ‘n “show” lyk, weet ek dat ons harte op die regte plek is. Mag die Here die jongmense aansteek met Sy vreugde en blydskap om hulle lewens te transformeer van sukkelende, twyfelende “tieners” na jong manne en vroue wat weet hul God is ‘n realiteit.

Hier is ‘n paar fotos van die opstel van die toerusting en ‘n gallery van die eerste aand se aktiwiteite. Sien julle daar!!!

Hallo almal! Wat ‘n week! Die jeugweek het ons met ‘n spoed getref en dit het gisteraand alweer met ‘n hoogtepunt afgesluit. Wat ‘n week! Net vir die voorbereiding vir die week het ons alreeds ervaar die jeugweek gaan iets spesiaal wees. Op dit alles het die Here self vir ons ‘n stuk toerusting kom verskaf waarmee ons ‘n volledige opname kon doen van die week se sang en boodskappe. Dit was ‘n ongelooflike ervaring om ons visie met mense te deel en te sien hoe mense inkoop in dit. Dit bevestig net weer vir my dat die Here met ons ook op pad is. Hier is ‘n foudie van die “stuk toerusting”. Moenie geflous wees nie, dit is nie net ‘n gewone ou mixertjie nie. Al 16 daardie kanale kan net so skoon en afsonderlik na die rekenaar oorgedra word vir “multi-track recording”.

Phonic Helix Firewire Mixer

So julle ouens wat in die banke gesit het dink dalk die week was net vir julle, maar nee, dit was vir ons wat daar voor op die verhoog gestaan het ook. Dit is die fasineerende ding om ‘n mede werker van God te wees(1 Kor. 3:9), ‘n mens gaan om ander mense te “bedien”, maar op die ou ent van die dag is dit vir ‘n mens self so ‘n verrykende ervaring.

Alhoewel Manie sekerlik een van die “snaakste” sprekers nog was wat ons by ‘n jeugweek gesien het, wil ek amper se hy is die ernstigste ook. Tussen deur sy grappe en gelag is sy boodskap baie ernstig en duidelik wanneer hy met ons gepraat het oor wat die ideaal van verhoudings is waarna ‘n mens kan strewe, en die beste van alles is dat die hierdie ideale, goeie vrugte dra in ‘n mens se lewe. Dit beskerm jou teen foute maak. Dit beskerm jou teen jou eie “slimheid”. Dankie Manie, dit was fantasties om in dieselfde span te wees.

Alreeds teen die einde van die laaste aand wou mense bestellings geplaas het vir die DVD van die week, maar julle ouens sal my eers moet kans gee. Ek hoop om dit binne die volgende maand verwerk te he. So hou maar die site dop vir wanneer die DVD beskikbaar is. Verder is daar nog baie fotos wat moet opkom en sal dit darem nie ‘n maand vat om te gebeur nie. hehe.

Hi almal. Ek is so opgewonde terwyl ek nou besig is om hierdie post te tik, want ek kan die eerste voorskou van die juegweek se opnames vir julle gee om na te luister. Die lied is “In die hemel is die Heer” wat ons Donderdagaand gesing het. Toe ek die rou opnames die eerste keer gehoor het, is al die foute en tekortkominge in tegniek en kwaliteit baie hoorbaar, maar soos enige iets moet dit dan begin skaaf word en elke instrument, stem en klank moet gesny, geskuif, versterk of verminder word.

Ek is baie positief oor die res van die projek om ‘n DVD beskikbaar te stel met liedere en die boodskappe van die week op. Ons sal graag wil hoor in julle opinie wat julle dink van die verwerking.

In die hemel is die Heer

Hehe, ek is maar ‘n sucker as dit kom om iets stil te hou waaroor ek opgewonde is. Die naweek was fisies ‘n lang naweek en fisies lang ure agter die ou vierkantige rekenaar monster. Maar dit is die moeite werd en twee songs is alreeds in ‘n rowwe konsep aanmekaar gesit met die verwerkte klankbaan en verskillende kamera “angles”. Omrede dit maar groot is, het ek net een op vir ‘n voorskou en dit is “Ek wil gereed wees”. Daar moet nog fynere snywerk gedoen word en dan ook FX, maar ek leer ook nog in die proses. Ek hoop julle geniet dit, want ek het!

Get the Flash Player to see this content.

Your Reply