Oakdale Jeugweke

2009
02.13

*hierdie is nie Oakdale se amptelike webblad nie, maar slegs ‘n rubriek oor ons betrokkenheid by die skool. Hulle amptelike webblad is www.oakdale.co.za*

OAKDALE Jeugweek 2010, 1-4 Februarie – VOLUIT OP KOERS!

Ek het nog nie eers laat weet dat ons van 1 – 4 Februarie weer by Oakdale is vir hulle jeugweek nie. Dit het ‘n bietjie vinniger gekom as wat ‘n mens verwag het en hier is die tweede aand alreeds verby. Wat ‘n aand was dit nie! Die spreker vir die week is weer Ds. Manie Botha van George. Maandagaand het goed begin en die manne was uitgedaag om deur storms net te bly vashou aan Jesus. Gisteraand, Dinsdag, was egter iets anders. Manie het sy Reebok sandale letterlik en figuurlik uitgetrek om sagkens in die manne se harte te loop en gesels oor dinge wat na aan die hart le. Ek en my Pa.

Met afloop van die boodskap het Piet getuig oor hoe die Here bewerkstellig het dat daar versoening tussen hom en sy pa kon kom. Die oomblik was so spesiaal na Manie en Piet se woorde dat ons daarna net die outjies geleentheid gegee het om ‘n bietjie te reflekteer op dit en die wat wou gaan kon uitgegaan het. Wat ‘n voorreg om te sien hoe die Here self jong manne kom besoek het en Homself aan hulle openbaar het as hulle hemelse Vader terwyl ons ‘n geleentheid geskep het van aanbidding.

Verder vertrou ons dat daar net voortgebou sal word op hierdie fondasie wat gele is vir die jeugweek, maar ook vir die res van Oakdale se 2010! Ons sal julle op hoogte hou van die res van die week en dan ook sommer dankie vir die wat al gese het hulle dink aan ons en bid vir die geleentheid.

. . . to be continued :)

Oakdale Jeugweek ’09: 9-12 Februarie, Riversdal, Wes-Kaap. (www.oakdale.co.za)

Voorbereiding:

Ja dit is alweer sulke tyd!!! Oakdale se Jeugweek is voor ons deur ek sien uit daarna om saam met +/-300  jong manne die Here te loof en te prys. Vanaand is die eerste van ‘n reeks van 4 aande saam met die klomp manne. Fotos sal alreeds vanaand opgelaai word om die eerste aksie te begin vang. So kom ons bid dat jongmense die geleentheid sal gebruik om hulself opnuut aan Jesus te wei.  Ek het eintlik nog soveel ander dinge om te post na die naweek wat baie vol en uitputtend was vir my liggaam, maar verrykend vir my siel. Maar ek sal julle op hoogte hou. Hier is so ‘n paar foudies van die voorbereiding. Louw

Maandag:

Sjoe, ‘n lekker warm eerste aand by Oakdale Lanbouskool op Riversdal. ‘n Voorreg vir my om weer daar te wees, dit is alweer 2 jaar na die laaste jeugweek waarby ek betrokke was. Die span is Kobus vW(Vocals, Acoustic), Marlize(Vocals, Keys), Marc(Rythm&Lead), Louw(Rythm&Lead), AD(Vocals, Bass), Corne(Drums), DA(Electric) & Christiaan(Acoustic).

Get the Flash Player to see this content.

Die spreker is Ernst, ‘n jong man van Windhoek, Namibie, met ‘n eenvoudige, kragtige boodskap aan die jong manne van Oakdale. Die tema vir die week CHAOS, of Choose Him As Our Saviour. Wel ek dink vanaand was maar nog net eers die wegtrek en die Here het alreeds met ‘n paar manne gepraat oor hulle lewe voor Hom. Hy is so getrou om Sy woord gestand te doen.

Ons hoop om darem ‘n recording erens in die week te kan doen, waarvan daar dan defnitief ‘n sample op Worship Complete sal verskyn. Graag ook dan net dankie aan my Dad wat al die fotos kom neem het.

Die post is maar kort en sekerlik nie van die bestes nie, maar dit is net die begin en die bed roep. Sien uit daarna om dinge moreaand verder te vat. Blessings, Louw

Dinsdag:

Die 2de aand was weereens ‘n huge “bash”. Dit lyk darem of die manne besig is om op te warm en ons moes behoorlik uithaal om nie doodgesing te word nie. Dit is darem maar net iets anders om so +/- 300 jong manne te hoor sing tot eer van God. Niks kom daarby nie! Click op die pic hieronder om ‘n vergroting te sien.

oakdalepan.jpg

Genadiglik was dit vanaand ‘n bietjie koeler en hoef ek nie vir die buitelug gehardloop het net om af te koel nie. Dit was vir my self ‘n blessing om te kon luister na Ernst en hoe hy uit sy hart deel oor hoe ons, ons lewens so vol maak met goed wat ons doof maak om God se stem te hoor. Sal graag ‘n paar van die prente wil post, veral die een met al die surfers op dieselfde golf. Verder deel hy oor hoe die profeet God nie in die Windstorm, Vuur of Aardbewing gevind het nie, maar in die stille, rustige briesie. Verder daag Ernst ons uit om ons lewe stiller te maak, sodat ons meer tyd in stilte kan kry met God. Dit is iets wat baie tot my spreek selfs wanneer ek partykeer goeie “gospel” musiek wil luister in die kar, nie omdat dit verkeerd is nie, maar eenvoudig net omdat ek te min stil tyd saam met God het, met geen mense rondom my nie. Super geleenthede wat ons deur ons vingers laat glip om ons Vader se stem te hoor.

So, ek sien uit na die orige twee aande om ons Vader se wil te soek. Verder het Marius so ‘n vinnige recording gedoen vanaand en ek het die tracks so ‘n bietjie gaan mix by die huis. Selfs waar die manne vir Christiaan gesing het vir sy verjaarsdag is gevang. Veels geluk ou maat!!! Seen vir jou jaar wat kom en dit is super dat jy saam met ons speel Christiaan!!! Nou ja, luister na die tunez op die groen player aan die regterkant. Louw

Woensdag:

Partykeer wanneer ons sulke jeugweke doen dan is dit vir my soms moeilik om spoed te hou in toewyding vir die week. Soos daardie golf wat Ernst van gepraat het. Dit is so maklik om net die golf te ry en dit te geniet, maar om actually op en wakker te bly en te besef dat die tyd kort is voor die week alweer klaar is. Ek kan nie bekostig om uit te mis nie. Ek is nie net daar om maar ietsie te doen nie, maar ek is daar omdat ek daar saam met my vriend, vader, skepper, saligmaker, en, en, en, God is. Hy verkwik my siel, en dit is wat ek vanaand ervaar het. Hy is die een wat die waarde aan die dag voeg. Hy is die een wat besig is met mense, en met my. Dit is so cool!!!

Ernst se woorde kon nie meer duidelik gewees het vanaand nie. Wat maak ons met ons lewenswater. Laat ons dit toe dat ons besoedel word, of het ons die fontein van lewende water binne ons wat borrel en oorloop na ander. Dit is amper ‘n jammerte dat ons moreaand moet klaarmaak, maar kom ons gaan groot of gaan huis toe.

Wel soos gisteraand ook het AD die aand afgesluit met so ‘n vinnige ritmiese skouspel. As ‘n mens kan dan kan jy. hehe. Ek het aan die begin uitgelaat om te se van Marius wat op klank is, Schalk op die laptop om die songs se woorde te wys en dan thanx aan Vivian wat vanaand die set lekker gemaak het met die lekker vanilla rokies en ligte en moondot’s en moonflowers en wetie wat nog als nie. Julle ouens is super cool. O ja, en twee songs van gisteraand is in die playlist van die music player bygesit, In die Hemel en How great is our God. Enjoy

Donderdag:

Sjoe, wat kan ‘n mens sê? Vanaand was eenvoudig net die hoogtepunt. Die manne het gesing dat die vloer bewe en Ernst het ons solid vasgevat met sy woorde oor Dawid en Jonatan. Om lief te hê soos ek vir myself lief is. Om myself neer te lê vir my vriend. Om te gee en nie te wil ontvang in ons verhoudings met vriende of wie ookal nie. Rock Solid Truth ou Ernst. Baie dankie weereens en ons vertrou dat al jou paaie deur God se guns gevolg sal word.

Dankie aan Kobus dat jy ons nooi om deel te wees van hierdie klomp jong manne se lewens. Dit was ‘n voorreg. Weereens dankie aan elkeen wat hand bygesit het. Marius, Schalk, Vivian, Corne, Michelle, Liezl, AD, Christiaan, DA, Marc, Marlize. Ek weet dat julle dit nie doen vir die dankies nie, maar omdat julle jul harte en gawes met die res wil deel. Dit is ook nie eers my plek om eintlik dankies uit te deel nie, maar ek skryf nou hier so ek kan skryf wat ek wil. Hehe, Thanks aucks!!!

Daar gaan nie nou al nuwe materiaal op die lug wees nie. Die fotos moet ek nog kry. Die recording moet nie net gemix word nie, maar ook dan nog ge”sync” word met die beeldmateriaal van 3 verskillende video kameras. Speeltyd vir die naweek. In elk geval Oakdale, dit is nie ‘n ghoebaai nie, maar slegs tot ‘n bietjie later. In April is dit weer jeugweek by die moedergemeente en dan sien ons julle daar. So byt vas en sien julle daar!

Luister hoe sing 300+ jong manne “Oakdale’s Call”:

oakdale.mp3


Your Reply