Sokker koors is nog lank nie verby nie en toe André ons vra om ons Fifa klere aan te trek en vuvuzelas saam te bring Worship Complete toe, moes ons weet hier kom vet pret en so het ons dan na die skoolvakansie weer letterlik afgeskop met Worship Complete!
Watter lesse kan ons uit die afgelope maand se sokker opwinding haal? Dit was die vraag wat André ons gevra het. Ons het gekyk na wat maak ‘n wenspan, die span wat daardie trofee gaan wen! Om ‘n sterk en effektiewe span te wees moet die span hulle aan die kaptein se leierskap onderwerp, oefen, by die reëls hou en as ‘n eenheid saamwerk en speel. Elkeen van ons het net so ook ‘n keuse om deel te word van die wenspan in God se Koningkryk! Dit gaan beteken dat ons ook geestelik moet oefen, by sekere reëls sal moet hou en in eenheid as ‘n span sal moet saamwerk, maar dan sal ons die oorwinning behaal en die trofee ontvang, ‘n trofee wat nie ‘n wissel trofee is nie, maar een wat ons kan hou!
Is ons in die wenspan en as ons wel daarvan deel is “pass” ons daai bal aan vir ander om ook deel te word?
Dit was so ‘n blessing om te sien hoe almal entoesiasties saam praise en worship en die aand saam geniet, opgewonde is en in eenheid is, nie oor sport nie, maar omdat ons Jesus deel! Ons kan juig en dans en sing en lawaai oor Hom! Dankie vir elkeen se terugvoering oor wat die aand vir julle beteken het, dit is baie spesiaal!
Die volgende datum vir Worship Complete Live! is 15 Augustus. Mooi bly tot dan en “pass” daai bal!
Baie liefde
Marlize
PS: Vir die wat nog wonder; Ayoba – “Uniquely South African and expresses delight, excitement, agreement and approval. It is also used as a greeting” – WikiAnswers
Tags: Worship Complete Live!; Praise and Worship; Lofprysing en Aanbidding
ek dink die 2 maande tussenpose voor die volgende P&W het ook ‘n rol gespeel. Only my humble opinion though.