Alles vir my!

2010
07.14
alles-vir-my

Ek het sommer gevoel om so ietsie te deel wat so week terug op my hart was! Ons sê so baie keer vir onsself of vir mekaar dat ons die Here moet loof en prys in alles! Natuurlik is dit waar en ek glo ons harte is regtig opreg, maar na ‘n paar dae van konfrontasie met uitdagende situasies en dalk moeilike omstandighede (vir ander) en waak oor die die vreugde in my hart besef ek net weer hierdie woorde is ietwat moeliker om toe te pas as wat ons dalk aan onsself erken. Ons verwys graag en ek hou tog self so baie van die storie van Paulus en Silas wat toe hulle in die tronk was die Here geloof en geprys het; dat die aarde geskud het en die tronkdeure oopgegaan het of na Dawid wat so baie Psalms gekryf het terwyl dit regtig rof in sy lewe gegaan het, maar wanneer dit wat vir my realiteit is teen al hierdie waarheid skree, is dit regtig moeiliker.

Die volgende woorde wat Matt Redman skryf het by my opgekom en my baie bemoedig, “Situations change for better or worse, but God’s worth never changes.” Hier het ek net weer iets ontdek. Ons heg waarde aan alles wat in ons lewe met ons gebeur. Wanneer die Here iets in ons lewe doen heg ons waarde daaraan, maar omstandighede en ander dinge wat gebeur kompeteer teen en beroof ons van dit wat die Here in ons lewens doen. Wanneer die waarde van die een dan in my lewe styg, daal die waarde van die ander. Luister ek na opinies van mense oor my of na dit wat God van my sê, heg ek waarde aan die standaarde van die wêreld of aan die standaarde van God, heg ek waarde aan God se Woord wat die waarheid is? Dan die belangrikste vir my: Heg ek waarde aan Wie God in my lewe is?!!! Sjoe, dan besef ek omdat ek weet, dat ek weet, op grond van WIE Hy is, die waarde wat God vir my het, wil ek Hom loof in alles! Kan dit wees dat Paulus en Silas God geloof en geprys het omdat hulle geweet het Sy waarde is ver bo die situasie waarin hulle hulself bevind het, ver bo dit wat hulle prys gegee het en sommer net vir Wie Hy in hulle lewens was? Ja, omstandighede en situasies verander, maar God se waarde verander NOOIT nie!!!! Daarom kan uitroep en sing in alle omstandighede: “Here my God ek sal U loof, ek sal U prys, U is ongelooflik, U is alles vir my!”

Phil 3:7,8
“But what things were gain to me, those I counted loss for Christ. Yea doubtless, and I count all things but loss for the excellency of the knowledge of Christ Jesus my Lord: for whom I have suffered the loss of all things, and do count them but dung, that I may win Christ.”

“U is alles vir my
U is die lied hier op my lippe, U’s die Naam wat ek bely
U is alles vir my
U’s my begin, U is my einde, U’s my weg, U is my lewe
U is alles vir my en U is genoeg!”
Retief Burger

Tags: ,

One Response to “Alles vir my!”

  1. Toubs says:

    Die Visie oor Lofprysing

    Ek sien ‘n mooi helder somersdag. Die lug was gevul met lig en ek het die gevoel gehad dat alles baie pragtig is. Bo my was ‘n swaar soliede swart wolk en kon niks verder sien nie. ‘n Leer het vanaf die aarde tot binne in die wolk gestrek. Op die grond was daar honderde mense wat gewag het vir ‘n beurt om op te klim met die leer. Hulle het gehoor dat bo die swart wolk daar iets moois was wat geen mens nog gesien het nie, iets wat ongelooflike vreugde en blydskap sou bring aan die een wat dit kon bereik. Persoon na persoon het opgeklim en het gou tot die rand van die wolke gekom. Die menigte het dop gehou om te sien wat aan die gebeur was.
    Binne ‘n kort tydjie sal die persoon uitbeheer die leer afgly en tussen die mense val dat die mense uitmekaar spat in alle rigtings. Hulle sou dan raporteer dat so gou hul binne die donkerwolk kom, hulle rigtingloos geraak het.
    My kans kom toe uiteindelik en begin die leer uitklim totdat die donkerte so sterk word dat ek die krag kon voel wat my terugdruk om op te gee en terug te gly. Sport vir sport het ek opgeklim, totdat my oë die mees intense skerp lig waarneem wat ek nog ooit gesien het. Dit was ‘n helder witlig, te glorieryk vir woorde.
    Soos ek dan bo-op die swartwolk uitkom, kon ek daarop loop. Soos ek in in helder witheid kyk, kon ek loop sonder enige moeite. Wanneer ek af gekyk het om die wolk se tekstuur van nader te bestudeer, het ek dadelik daarin begin wegsink. Slegs om na die hederheid van die witlig te kyk, kon ek bo-op bly.

    Die landskap het verander en vanaf ‘n distansie het ek na die drie vlakke gekyk.

    “Wat beteken dit dan?” vra ek en die antwoord kom: “Die sonlig onder die wolke is lig waar meeste Christene in woon en as normaal aanvaar. Die leer, is die leer om My met lofprysing te besing. Baie probeer dit klim en leer om My in alles te lofprys. Aan die begin is hulle baie gretig, maar sodra hul met dinge deurmekaar raak wat hul nie verstaan nie, raak hulle verward en kan nie vasklou nie. Hulle verloor hul geloof en gly dan terug. Soos hul dan val, beseer hulle andere wat gehoop het om’n weg te vind om in ewigedurende vreugde en lofprysing te lewe.
    Hulle wat deur die moeilike tye dit maak, bereik ‘n nuwe wêreld en besef dat die ou lewe wat hul eens gelei het, nie vergelykbaar is met die lewe wat Ek vir hul voorberei het vir dié wat My lof besing en glo dat ek versigtig oor hul waak nie. Hulle wat die lig van die hemelse koninkryk bereik het, kan bo-op moeilikhede stap. Dit maak nie saak hoe donker of swart dit lyk nie, solank hulle hul oë van die probleem hou en op My oorwinning ”

    Dit maak nie saak hoe moeilik dit lyk om God te vertrou in elke detail van jou lewe nie, klou vas aan die leer van lofprysing en beweeg opwaarts!

    Uit “Prison to Praise” geskryf deur Merlin Carothers. Bladsye 84 – 85

Your Reply