Hier is ek . . .

2010
07.14
hier-is-ek

Hi Almal,

Soos ons genoem het by Worship Complete Live! van April is dit spesiaal om te dink dat liedere elkeen gebore is uit ‘n persoon se hart wat iets ervaar van God se karakter en ons posisie teenoor dit. Dit beteken dan eintlik elke lied is ‘n getuienis op sy eie.

“Hier is ek” is gebore uit ‘n hart waar ek net gevoel het ek wil dit met alle energie wat in my is vir soveel as moontlik mense sing dat ek kies om saam met God te stap en Sy wil vir my lewe te volg. Om gereed te wees om ag te slaan op Sy stem elke oomblik van die dag en standpunt in te neem oor die Een waarin ek glo. Dit is nie ‘n baie tegniese lied nie, net ‘n eenvoudige uitdrukking van opregte hart. Ek deel dit graag met julle :)

Louw – Hier is ek

One Response to “Hier is ek . . .”

  1. Marlize says:

    Ai, jy weet mos al ek luv net eenvoudig die song! Dankie, Louw, die boodskap van die song maak my hart maar net elke keer opgewonde as ek dit hoor!!!!!

Your Reply