Archive for April, 2010

Worship Complete Live! April


2010
04.22
worship-complete-live-april

Hi Almal,

Soos ek gese het sal ek iets apart skryf oor Sondagaand wat verby is. Dit het in ons harte gebrand om ‘n bietjie af te skaal met die “woema” en meer rustig te wees. Ek glo dit is maar die invloed van die jeugweek se aksie, maar tog het was daar ‘n gevoel dat ons graag wil reflekteer oor wat songs beteken of kan beketen vir ons wat die instrumente speel en sing, maar ook om te reflekteer oor die die waarheid in songs. Liedere word gebore uit ‘n ervaring wat iemand in hulle lewe het en sal sekere liedere vir ons meer “beteken” as ander weens die emosie en woorde van die lied.

So kon ons Sondagaand ‘n bietjie fokus op hoe liedere ‘n rol speel as ‘n vorm van uitdrukking teenoor die Here en dit deel met die mense hoe amazing Hy eintlik is. Verder het Christo ‘n kort en baie realistiese boodskap oor om hoe aanbidding werklikheid word wanneer ons vir Hom kies binne tye wanneer dit nie noodwendig so maklik is of binne die lekker, sagte atmosfeer van ons gemeentes nie. Vir my was die hele aand net waarlik ‘n geleentheid waar ons ‘n bietjie kon gaan le in die spreekwoordelike groen weivelde saam met die Here en Hom toelaat om ons siel te “restore”. (verkwik is nie altyd so verstaanbaar nie. hehe)

Dus was dit vir ons baie spesiaal en hoop dat dit waarde gehad het vir elkeen wat daar was om nie net ons harte te hoor nie, maar om die Here se hart vir ons elkeen te hoor op Sy unieke manier waarmee Hy met ons elkeen afsonderlik werk.

Hier is so ‘n paar foudies en weereens dankie aan almal wat betrokke was en spesifiek vir die ouens wat saam met my hulle harte gedeel het, die klank en ligte manne bo in die boks en my Dad wat alweer daar was met die kamera om die sagtheid van die aand vas te vang op digitale film :)

Jeugweek 2010


2010
04.21
jeugweek-2010

Hi Almal. Die jeugweek het gekom met groot afwagting en ons kon nie glo hoe vinnig dit alweer verby is nie. Tesame met dit ook alweer April maand se Worship Complete Live! aand wat kort na die jeugweek gevolg het, maar ek sal ‘n aparte post plaas van die geleentheid.

Eerstens wil ek net se dat ons verstom was oor die opkoms vir die jeugweek en ek was selfs verder opgewonde oor die betrokkenheid van een van die plaaslike laerskole ook. Verder het ons vriende van Stilbaai ook besoek elke aand en is dit vir my ‘n teken dat dit ‘n item van waarde geraak het op die geestelike kalender van Riversdal. Kyk net hierdie mooi panorama foto van die kerk met almal wat daar was.

church pan 1

Attie Rall was die spreker vir die week en hy is geen vreemdeling hier nie weens sy betrokkenheid by vorige jeugweke en jeugaande van Moedergemeente. Attie het gefokus op die “high’s” en “low’s” van Dawid se lewe en het redelik reguit gepraat oor al die issues wat ons vandag het is nie werklik iets nuuts nie. Alreeds in die tyd van Dawid was daar uitdagings wat mense se geloof en daaglikse wandel uitgedaag het om nie in God se wil vir ons lewens te bly nie.

Dit was vir my goed om terugvoering te kry van verskillende oorde dat die week waarde gehad het vir die jong mense. Mag die week ‘n baken wees wat uitstaan vir hulle as daar terug gekyk word na hierdie jaar. Mag die waarhede wat gedeel is vassteek en vrug dra tot nog ver in die toekoms.

Ek paste ook die link na Ds. Andre hulle se Jeug Riversdal Group waar daar fotos van die week is. http://www.facebook.com/#!/group.php?gid=111972315494099&v=wall

Sien julle weer!

Sjoe, wat ‘n dag . . .


2010
04.11
sjoe-wat-n-dag

Hi Almal,

Wat ‘n dag, ja.  Maar te midde van die woellinge is ons uber (duits vir super) excited oor die week wat voorle. Nog nooit kon ek terugkyk na ‘n jeugweek waarby ons elke keer redelik hard werk om alles in orde te kry ten opsigte van die musiek en se dat dit nie die moeite werd was nie.

Die band se samestelling is as volg:
Marlize: Vocals
Johan: Acoustic en Vocals
Ulrich: Vocals
Piet: Drums
Hannes: Bass
Keyboard: Hetma
Louw: Electric en Vocals

Maar ja, ons sien julle more vir die wat daar gaan wees. Ek sit so paar foudies op van vandag.

Jeugweek ’09 se DVD is beskikbaar!


2010
04.09
jeugweek-09-se-dvd-is-beskikbaar

Hi almal, net so ‘n kort boodskappie om te se dat ons het 100 DVD’s van verlede jaar se Jeugweek beskikbaar teen R50 per DVD. Dit bevat al vier boodskappe van Ds Manie Botha asook van die musiek soos opgeneem gedurende die dienste. Julle kan my direk kontak rakende dit indien daar meer navrae is. Ek voeg my selnommer hieronder by. Dit sal ook te koop aangebied word by die komende Worship Complete Live aande asook by Moedergemeente se Jeugweek wat volgende week begin.

konsep3.jpg

April, beslis geen grap :)


2010
04.07
april-beslis-geen-grap

Soos ek in vorige posts ook al gese het is April maand vir ons ‘n groot maand met betrekking tot bedrywighede. So ja hierdie week is ons week van voorbereiding vir die eerste geleentheid. Hierdie komende naweek bou ons “stage” by Moedergemeente vir hulle jaarlikse jeugweek wat Maandag begin en Sondag stel ons klank op en later dan die “soundcheck”.

Dan ook Sondag 18 April is die volgende Worship Complete Live aand by die Jabes AGS gemeente in Riversdal. Ons wil graag dit ‘n bietjie anders doen hierdie keer en gaan dit meer ‘n “unplugged” gevoel he. So ons sien uit na ‘n lekker intieme setting waar ons kan kom om te soek na die Ps 23 se “waters van rus” en “groen weivelde”.

Verder het ons nog nie eers kans gehad om te vertel dat ons intussen alweer by Oakdale was nie. Sondagaand, 28 Maart, was ons gevra om die lofprysing te hanteer by ‘n aand diens wat hulle gereel het vir al die rugbyspelers wat die jaarlikse Oakdale rugby toernooi bywoon. In totaal is daar so 800 jong manne van regoor die land wat dit bywoon en was die saal vol met manne van Centurion, Worcester, Mosselbaai en van nog vele ander skole(ek kan maar net die paar onthou).

Om terug te kom by April is ek baie opgewonde om te kan se dat ons uiteindelik verlede jaar se jeugweek DVD gedruk en verpak gekry het en sal dit beskikbaar wees by die jeugweek. Net om julle gedagtes te verfris, dit bevat 5 liedere van die laaste aand se sang, maar spesifiek bevat dit die 4 aande se boodskappe van Ds. Manie Botha wat gehandel het oor verhoudings en dan ultimately ons verhouding met God. Regtig ‘n waardevolle versameling verpak in ‘n professionele DVD pakket. Ons gaan poog om hierdie jaar se Jeugweek weer op te neem, so kom en moedig jong mense aan om deel te wees van ewige oomblikke.

Apart van April is ons Vrydagaand, 7 Mei, in Stilbaai by die AGS gemeente vir ‘n jeugaand saam met “Rooies” Strauss as spreker. So ja, vir al die Stilbaai mense, ons kom darem ‘n bietjie daar na julle kant toe ook. Sommer ook dan net ‘n dankie vir julle moeite om so gereeld deur te ry na Riversdal. Julle is ‘n blessing.

Sien julle daar!