Archive for March, 2010

Die Koevert . . .


2010
03.15
die-koevert

Hi Almal,

Die tyd het so gevlieg dat ek nie eers ‘n aparte kennisgewing op die site gesit het dat ons vanaand Maart se Worship Complete Live aand gehad het nie. Maar ja, dit het gekom – en dit het gegaan. Marius hulle het gevra dat ek moet deel vanaand en gesien vanuit daardie oogpunt is dit moeilik om die aand op te som vanuit ‘n neutrale hoedanigheid. Ek kan maar slegs deel oor wat my ervaring was van die aand.

Dit was vir my goed om ‘n bietjie te reflekteer oor hoekom ons doen wat ons doen. Die analogie van die koevert met ‘n boodskap binne in het rerig tot my gespreek dat dit gaan oor die boodskap binne in die koevert en nie oor die koevert nie, al is die koevert hoe “mooi”. Dit verwys dan na hoe ons harte die boodskap dra van ons aanbidding en ons uiterlike uitdrukking, hetsy beweging of sang, slegs die koevert is wat die boodskap van ons harte oordra. Wat egter belangrik is, is dat dit kom vanuit ‘n hart wat vol aanbidding is vir Hom en nie net uiterlike dinge doen omdat ons dink dit is die uiterlike dinge wat vir God spesiaal is nie. In ons tydjie voordat die aand begin kom die “band” gewoonlik saam om net ‘n bietjie rustig te raak en het ek kortliks gedeel oor wat op my hart is vir die aand en was dit vir my ongelooflik om te sien hoe die boodskap van om ons Skepper in gees en waarheid te aanbid net so deel is van hulle harte. Die res van die aand was vir my net ‘n ongelooflike tyd waar ek en my beste Vriend net kon tyd saam spandeer. Selfs toe ek my hart gedeel het oor aanbidding en hoe ek glo dit is iets wat vir God baie waarde het wanneer dit uit ‘n eerlike hart kom, kon ek dit deel met geen twyfel in my hart nie, want Hy is nie net ‘n stuk teorie of lering in my kop nie, maar ek doen wat ek doen omdat ek ‘n ongelooflike Persoon ontmoet het en is dit in sulke tye van opregte aanbidding waar ons Hom kan vind sonder die dinge van ons gewone dag wat ons aandag aftrek.

Nou ja, soos julle sekerlik kan sien was dit maar vir my ‘n redelike persoonlike aand, maar ek glo dit was ook spesiaal vir ander. Tot op hede is Maart maand nog rustig en is ons volgende afspraak by Moedergemeente se Jeugweek in April. Sien julle daar! :)