Archive for February, 2010

Februarie op ‘n einde . . .


2010
02.26
februarie-op-n-einde

Hi Almal,

Jip ons het gisteraand ons laaste event vir die maand gehad en was dit nie ‘n “blast” nie. Apart van net die energie en opgewondenheid was daar ook ‘n baie spesiale gees van eerlikheid oor ons omstandighede en Manie Botha het kortliks gedeel oor hoe die “groter prentjie” eintlik werk. Hoe ongelooflik is dit dat ons kan rustig wees in ons omstandighede met die wete dat daar iemand groter as ek baie defnitief weet wat Hy doen. hehe. Iets anders wat ook net vir my uitgestaan het is iets wat ek ervaar het by Oakdale ook, en dit is die entoesiasme(spelling?) en ywer waarmee die jongmense soek na God en Homself, nie die persoon wat die verteenwoordiger is nie. Ek was verstom oor die opkoms ook, ons was almal so kort oor die 300. Amazing vir ‘n Donderdagaand!!!

Apart van die aand was dit maar vir ons almal ‘n gejaag om alles reg te kry. Tot op die laaste uur voor ons begin het, het die dromme eers geland. Dit was naelskraap, maar alles het net vlot verloop te midde van omstandighede en die druk om dinge reg te kry. Hy weet wat Hy doen! Nou ja hierdie naweek, wat vandag begin, gaan ons almal wat betrokke is by Worship Complete vir ‘n slag bymekaar kom om net rustig saam te kuier. Ek weet dit gaan ‘n fantastiese aand wees om sommer net weer lekker as vriende saam te kuier en ‘n ou vleisie op die kole te gooi.

Dit is nog iets waarvoor ek baie dankbaar is die laaste tyd, en dit is die kwaliteit vriende wat in my lewe is. Apart van die kuier is die idee ook om sommer net ‘n bietjie te deel oor die afgelope tyd en wat vir ons uitstaan in dit wat ons doen. Ek ervaar rerig in my hart dat die Here ons vir ‘n spesiale rede bymekaar voeg om te doen wat ons doen en ek dink nie ons besef dit altyd nie. Oor die algemeen doen ons dit want dit is lekker en ons kan! hehe.

Nou ja, ek sal op ‘n latere stadium ‘n bietjie fotos laai van gisteraand wanneer ek dit kry. Groetnis en sien julle volgende keer.

Louw

Sondagaand – 21 Feb 2010


2010
02.23
sondagaand-21-feb-2010

Hi julle!

Sondagaand 21 Februarie het ons afgeskop met ‘n regtig besonderse eerste Worship Complete Live – aanbiddingsaand! Wow, die boeties en sussies in Jesus het gesing dat die dak lig, vreugdevolle en entoesiatiese lofprysing en aanbidding aan ons Koning Jesus, dit het vir my uitgestaan!

Met André Jordaan se kreatiewe en illustrerende manier van die woord bedien, sal ons beslis nie sommer die boodskap vergeet nie – Passop! Die Sonde bekruip jou! Hy het vertel van die Arabier wat sy kameel toelaat om vir ‘n bietjie hitte teen die koue sy neus in die lekker warm tentjie in te druk, maar soos die aand vorder en dit kouer word, word die neus later die kameel se kop . . .sy skouers . . . en uiteindelik is kameel boggels en al binne in die tent.  Arme arabier het byna geen spasie meer oor nie! Net so moet ons nie die vyand ‘n kans gee om ons te verlei met allerhande versoekings nie, want voor jy jou kry is hy pens en pootjies binne in jou “huis”.  Ons moet sorg dat ons die Woord ken en net soos Jesus ook gedoen het toe Hy deur die vyand versoek is, moet ons ook die vyand tee staan met die krag van die Woord.  Ons moet kies om klaar te maak met enige sonde wat nog in ons lewens mag wees en geregverdig in Jesus, afgesonderde lewens vir Hom en tot Sy eer leef!  Kom ons moedig mekaar aan hierin!

Baie dankie aan almal wat met opgewonde harte saam met ons kom aanbid het.  Dit was so spesiaal om te sien hoe julle na afloop van die aanbidding mekaar geseën en bedien het!  Dit was sommer net ‘n fees!  Die volgende Worship Complete Live is 14 Maart ;)

Sien julle daar! O ja, moenie vergeet van Donderdagaand 25 Feb se Jeugaand by die Moedergemeente om 6:30 nie!

Soet wees en sout wees!

Marlize

PS: Dankie vir die fotos Oom Toubs!

Ulrich, Marc & Eunene

Picture 1 of 13

Nog Oakdale Foudies!


2010
02.19
nog-oakdale-foudies

Hi almal, net gou vinnig. Ek het vandag nog ‘n klompie fotos gekry van die Jeugweek by Oakdale. Geniet dit! Daar is ook ‘n paar fotos van ons “crazy” aand wat saam met die boodskap gegaan het om uit die “gemaksones” uit te kom en om eintlik uit te staan, al lyk ons dan anders as die mense rondom ons.

Voluit op Koers!

Picture 1 of 26

Time Flies . . .


2010
02.18
time-flies

Wat ‘n maand! Februarie het op ‘n baie hoe noot afgeskop by Oakdale en was dit nie ‘n ongelooflike week saam met die 400? jong manne van die landbou skool nie. Kort daarna was van ons betrokke by ‘n bedieningsgeleentheid te Robertson en hier is ons nou, ons eerste Worship Complete aand vir 2010!!! Komende Sondagaand skop ons 2010 se maandelikse aanbiddingsbelewenisdienste af by Jabes AGS, Riversdal.

Ons glo dit gaan weereens ‘n fantastiese geleentheid wees waar ons as gelowiges van verskillende agtergronde saam kom om Jesus te verheerlik, maar ook om as ‘n liggaam saam Hom te ontmoet en die ongelooflike persoon wie Hy is te ontmoet en te geniet.

Verder in die pyplyn is ons dan ook by komende Donderdag by Riversdal NG Moedergemeente vir hulle eerste jeugaand vir 2010.

Sien julle daar!

Oakdale 2010


2010
02.03
oakdale-2010

Hallo almal.

Ek het nog nie eers laat weet dat ons van 1 – 4 Februarie weer by Oakdale is vir hulle jeugweek nie. Dit het ‘n bietjie vinniger gekom as wat ‘n mens verwag het en hier is die tweede aand alreeds verby. Wat ‘n aand was dit nie! Die spreker vir die week is weer Ds. Manie Botha van George. Maandagaand het goed begin en die manne was uitgedaag om deur storms net te bly vashou aan Jesus. Gisteraand, Dinsdag, was egter iets anders. Manie het sy Reebok sandale letterlik en figuurlik uitgetrek om sagkens in die manne se harte te loop en gesels oor dinge wat na aan die hart le. Ek en my Pa.

Met afloop van die boodskap het Piet getuig oor hoe die Here bewerkstellig het dat daar versoening tussen hom en sy pa kon kom. Die oomblik was so spesiaal na Manie en Piet se woorde dat ons daarna net die outjies geleentheid gegee het om ‘n bietjie te reflekteer op dit en die wat wou gaan kon uitgegaan het. Wat ‘n voorreg om te sien hoe die Here self jong manne kom besoek het en Homself aan hulle openbaar het as hulle hemelse Vader terwyl ons ‘n geleentheid geskep het van aanbidding.

Verder vertrou ons dat daar net voortgebou sal word op hierdie fondasie wat gele is vir die jeugweek, maar ook vir die res van Oakdale se 2010! Ons sal julle op hoogte hou van die res van die week en dan ook sommer dankie vir die wat al gese het hulle dink aan ons en bid vir die geleentheid.

Louw