Archive for December, 2009

Wat ‘n week!


2009
12.21
wat-n-week

Wel soos ek laaste gese het, het ons gedink dat Desember ‘n rustige maand gaan wees, maar ons was aangenaam verras met twee geleenthede waar ons kon bedien. Verlede week en Woensdag was ons net buite Franschhoek by die Karmel VCSV Kampterrein en gisteraand, Sondag, by AGS Lofdal in Stilbaai.

Die geleentheid in Franschhoek was deel van ‘n lewensverrykingskamp wat deur ‘n persoon van Albertinia gereel is. Die jong mense was van regoor die Suid-Kaap en dit was ‘n voorreg om deel te kon wees van waarmee die Here besig was met hierdie groep jong mense. Terwyl ons voorberei het, het ons vir mekaar gese dat ons ervaar die Here is besig om die outjies te help om deur “issues” te werk. Ek moet eerlik wees en erken dat dit baie “humbling” was. ‘n Mens verstaan darem maar net altyd ten dele. In my gedagtes het ek gedink dat die Here ons bedieningstyd sal gebruik om met die outjies te werk, maar ons was deel van ‘n wenspan daardie aand. Dominee Wynand, van Pretoria, het by ons oorgevat nadat ons amper ‘n uur tyd in aanbidding spandeer het en hoe ongelooflik was dit nie om te sien hoe die Here verder gewerk het met die outjies om klaar te maak met die verlede nie. Ons kon die aand afsluit op ‘n “joyful” noot en ons het teruggekeer na ons verblyf in Franschhoek. Van ons het die volgende dag nog in die omgewing ‘n bietjie tyd spandeer met ons families wat saam was. Ons het ongelukkig nie fotos van die aand nie, maar daar is so een of twee fotos van ons groep se doen en late wat ek sal opsit.

Gister, Sondag 20 Desember, het ons so rondom 13:00 begin om toerusting te laai in Riversdal en nadat als gelaai is het ons na Stilbaai vertrek. Die middag is spandeer om op te stel en ons het om 19:30 die diens begin. Iet wat vir my baie spesiaal was van die aand as ‘n geheel, was die feit dat te midde van die diepte van die aand en die boodskap, was daar ‘n baie gemaklike en ontspanne atmosfeer. Die vrede en rustigheid van die Here se teenwoordigheid was vir my so “real”. Maar ja, weereens is ek net verstom hoe die eenvoudige evangelie van ‘n Skepper wat ‘n “One Way” geskep het vir ons om saam met Hom te kan wees, net weereens mense se harte geraak het. Die spreker was Past Ruben Kleinhans van Vryheid in KZN.

So jaag die einde van die jaar op ons af en ek wil net graag vir al ons vriende en familie wat ons ondersteun in dit wat ons doen baie, baie dankie se. Ons geniet wat ons doen, maar ons weet dat daar mense en gemeentes is wat in ons glo en ons sien uit na wat 2010 gaan oplewer. Alle voorspoed en seen vir u oor die feesseisoen en koop die tyd uit om kwaliteit tyd met vriende en familie te spandeer.

‘n Exciting Week!


2009
12.12
n-exciting-week

Ja ons sien uit na die week wat voor ons le. Nie omdat dit nader aan vakansie is of so iets nie, maar omdat ons twee geleenthede gekry het om te bedien in Desember. Ons het gedink dit gaan maar ‘n rustige maand wees ten opsigte van bediening.

Ons is aangenaam verras met ‘n versoek om hierdie komende Woensdagaand ‘n aanbiddingsessie te lei in Franschhoek by ‘n jeug geleentheid. Die groep wat vroeg Woensdagoggend vertrek is Marius(Klank) en Eunene(Keyboard), Hannes(Bass) en Anette(Guitar), Marlize(Vocals), Corne(Dromme) en myself(Guitar) en Sanet. Ons wil tog vra dat julle ons in julle gebede hou aangesien die pad maar besig is die tyd van die jaar en ons families gaan ook saam.

Die Sondag daarna, 20 Desember, gaan ons die Worship Complete konsep Stilbaai toe vat waar ons genooi is om by die AGS Lofdal gemeente die aand se diens waar te neem. Ons sien uit daarna aangesien dit ‘n gemeente is waarby ons al op verskillende maniere betrokke was in die verlede. Good People, Good Vibes!

In elk geval. Ons sal julle op hoogte hou na afloop van hoe dit gegaan het. Soos julle weet al teen hierdie tyd is ons doel nie om te gaan “perform” nie, maar deur Jesus te verhef deur lofprysing en aanbidding en sodoende die geleentheid te skep waarby Hy self alle mense na Hom kan trek. (Joh. 12:32)