Archive for September, 2009

“. . . ‘n hand vol vars genade . . .”


2009
09.22
n-hand-vol-vars-genade

Die woorde, “‘n hand vol vars genade“, is lirieke vanuit een van Louis Brittz se liedere wat vir my baie waar geword het. Sondagaand, 20 September 2009, was ons derde Worship Complete aand waar ons die kerkdeure oopgooi vir almal om saam met ons te aanbid en net in eenvoud voor God te staan.

Maar gesien in die lig dat dit die derde geleentheid was, het die opwinding in my eie hart oor die geleentheid al ‘n bietjie gekwyn om eerlik te wees. In die begin van iets nuuts word ‘n mens per nature opgewonde oor dit wat aangebied word en wanneer die Here mense aanraak in die proses dan is dit net tot nog verdere opwinding om deel te kan wees van iets wat God gebruik om mense se harte te raak. Dit is ‘n voorreg en dit bly ‘n baie groot seen.

Om terug te kom by die feit dat ‘n mens se eie emosies dalk nie meer geroer word deur net die “event” nie, kan dit gevaarlik raak deur dat ‘n mens dit net doen omdat jy dit maar moet doen om een of ander rede, maar dit is ook die plek waar ‘n mens se emosies uit die pad uit is om waarlik God se “varsheid” in daardie oomblik te kan ervaar. Alhoewel die omstandighede dieselfde is, is daar ‘n varsheid elke oomblik wanneer ‘n mens tot God nader in aanbidding en dit was vir my baie spesiaal hierdie aand. Dit is die bevestiging vir my dat ons nie deel met ‘n stel prosedures en roetines nie, maar ons kom op ‘n plek waar ons ‘n Persoon ontmoet wat so vol is, dat ek nie anders kan as om “changed” weg te stap van hierdie lewendige, interaktiewe Jesus af nie. Hy is ‘n persoon wat ‘n mens se hele gemoed, wese, gesindheid en “mindset” verander om opnuut elke oomblik wat vir my gegee word te kan waardeer en waarde te vind in my daaglikse omstandighede.

Weereens dankie aan Andre Bamberger(hoop die spelling is reg) vir die kort en kragtige boodskap wat eenvoudig net die waarheid bevat het. Ook dankie aan almal wat bydra tot hierdie geleentheid om dit ‘n sukses te maak. Dit is vir my ‘n voorreg om met sulke kwaliteit mense bevriend te kan wees.

Voorspoed,

Louw

The Question!


2009
09.18
the-question

It’s been some time since this blog has been used for anything else than just sharing dates and then reflecting on the event afterwards. Originally it was created to also be a platform where we as a growing group of individuals, who are actively involved in ministries, share our hearts about the diverse nature of being part of a ministry that serves the body of Christ.

This morning I was finalizing the lyrics of songs that needs to be published on songsheets, for an upcoming event, and I was talking with a friend on Skype. Even though my friend’s day is also very occupied as she needs to do her day-job and prepare for ministry for an event that spans over the coming weekend, she still assisted me to finalize my little jobbie. When I said thanks, I wanted to ask the regular old question “what would we have done without you?”, but I realize that being in ministry, even when it is part-time, the person who is assisting you, isn’t doing it for you.

The thought popped into my mind that we many times reckon our efforts, even how small they may be, to be somewhat “useless” and even “unnecessary”. In my heart I felt a deep appreciation for the way how this person continues to be helpfull regardless the cost. Immediately I felt in my heart the question change to “Where would the kingdom have been without you?” as if God was saying this to me with the same appreciation in His voice. Yes we know that God can do all things, but He chooses to involve us, once again so we can get to know Him better, but inevitably the kingdom does advance, and I think we sometimes forget that. This rephrased question really blessed me and it gave me a sense of contentment that every action in ministry, no matter how “big” or “small” it may seem, claims a piece of spiritual “land” and has worth, but on top of that, my Dad appreciates it!

Yes, it is just plain words, but it was a blessing to me and an encouragement, so I thought I’d share it with you. “Keep on shinin’ for all the world to see” – Third Day

Louw

17 & 20 September!!!


2009
09.15
17-20-september

Hi Almal,

Dit is rerig “scary” om hierdie posts te skryf na die webblad. Alhoewel dit vir my baie male ‘n groot blessing is om terug te kyk en te sien oor hoe ons deel kan wees van God se plan, maar die spoed waarteen tyd verby gaan is net vir my ‘n baie groot realiteit terwyl ek hier sit en tik. Dit is alweer September maand en dit voel soos nou die dag wat ons by die Moedergemeente se Jeugweek betrokke was.

Komende Donderdagaand is ons weer by die Moedergemeente vir ‘n jeugaand en ons sien uit na dit. Met die Worship Complete Live! aande het ons ook al begin om jong musikante en sangers wat kies om hul talente te gebruik om Jesus se naam groot te maak deel te maak van ons groep. So komende Donderdagaand, en ook komende Sondagaand, het ons iemand nuut op die dromme en hy kook! Dit is ‘n inspirasie vir ons om te sien hoe jong mense nie skaam is om hulle talente vir God te gebuik nie.

So ja, Donderdagaand in die Moedergemeente om 18:30 en dan ook Sondagaand by Jabes AGS dieselfde tyd. Sien julle daar! Louw