Hi almal!!!
Weereens is ons harte so dankbaar oor ‘n ongelooflike aand van aanbidding! Daar is krag daarin wanneer ons in eenheid aanbid! Die skrif wat in my hart gebrand het vir hierdie 2de Worship Complete Live aand was Joh 4:23,24.
“Yet a time is coming and has now come, when the true worshippers will worship the Father in Spirit and truth, for they are the kind of worshippers the Father seeks. God is Spirit, and His worshippers must worship in Spirit and in truth.”
In hierdie gedeelte vra die Samiritaanse vrou vir Jesus waar die regte plek is waar aanbid moet word, maar Jesus beantwoord nie haar vraag met waar nie, maar wel met hoe ons moet aanbid.
Ons kies die plek en skep geleenthede wanneer en waar ons aanbid, maar dit gaan steeds vandag nie oor waar nie, maar hoe ons Hom aanbid. Kom ons bymekaar, fokus en aanbid net vir die oomblik of neem ons ons aanbidding saam met ons wanneer ons uitmekaar gaan en die “waar” verlaat? Gaan maak ek ‘n verskil deur my aanbidding na buite te leef, by my werk, skool en in my gesin!? Slegs dan aanbid ek my Vader in gees en in waarheid. Ons het vir mekaar gesê dat dit nou die tyd is om uit te kom by die hart van aanbidding, waaroor gaan ons aanbidding regtig? Ons wil nie maar net nog ‘n geleentheid hê waar ons saamkom om te “Praise & Worship” nie, maar ons wil leef in verhouding met ons Vader en ‘n lewe leef van aanbidding aan Hom, elke oomblik, elke dag! Norman het ons ook uitgedaag dat dit nou die tyd is om dinge in ons lewe reg te maak, met mense in ons lewe reg te maak, tyd is nou om in verhouding met God te leef! Nie meer uitstel nie! Wat maak ek met tyd wat aan my gegee is, waarmee maak ek my tyd vol?
Dankie aan elkeen wat deel was van hierdie aand! Ons sien al klaar uit daarna om julle weer by die volgende Worship Complete Live, 20 September, te sien! Kom ons koop die tyd uit en mag ons elkeen se gebed wees: “Let my lifesong sing to You”!