Hiya almal!
Wow, wat ‘n amazing aand het ons nie gisteraand gehad nie! Dit was die eerste Worship Complete worshipaand, wat ons dan ook vertrou ‘n meer gereelde geleentheid sal word. ‘n Aand waar ons met alles wat in ons is die Here kon loof en prys en Hom sommer net kon geniet; waar mense uit verskillende gemeentes saam gebring is in aanbidding voor God omdat ons Hom almal lief het en Hy ons fokus is! Daar is krag daarin wanneer God se mense in eenheid saamkom en aanbid! My hart was gisteraand net so vol van hoe getrou die Here is om ons gehoorsaamheid te eer; Hy het ons met Sy teenwoordigheid kom seën! Ek was so opgewonde om te sien hoeveel opgedaag het ten spyte van die feit dat die bemarking vir die aand nie baie lank voor die tyd gedoen is nie. Dankie julle!!!
Ds Andre se kort maar kragtige boodskap het my net weer laat besef dat ons kan nie bekostig om te compromise met enigiets in ons lewe nie, as ons vir Jesus wil lewe, moet ons dit met alles in ons doen! Klein goedjies wat ons toelaat in ons lewe word al hoe groter goed en ons word daardeur gebind en voor jy jou kom kry is jy toegespan in daai tou! Kom ons lewe lewens waar ons groei in Jesus en ander kan optrek en nader trek aan Hom eerder as om deur ander beïnvloed te word!!!
Sjoe, sien sommer baie uit na die volgende Worshipaand! Hou die site en Facebook dop vir ‘n datum, sal lekker wees om weer so baie van julle daar te sien!