Hallo almal, ja die tyd gaan vinniger verby as wat ‘n mens dink. Maart is op sy rug en ons staan voor die deur van April, wat beteken dit is die maand van Moedergemeente se jaarlikse jeugweek. Die spreker vir die week is Manie Botha van ‘n gemeente in George. Ek is baie opgewonde in my hart oor dit wat aan die gebeur is in ons dorp ten opsigte van jeug en hoe die Here self besig is om momentum onder jongmense aan die gang te sit. Jongmense wat opgewonde raak om op te staan vir Christus en nie net in ‘n teologie te glo nie, maar jongmense wat weet Hy is ‘n waarheid en dat Jesus leef in hulle.
So vanuit die “band” se perspektief is ons uiters opgewonde oor dit en begin ons volgende week voor te berei vir die jeugweek. Ons sien uit daarna met ‘n voorlopige span wat wat uit die volgende persone bestaan: AD Hendricks(Bass&Vocals), Piet Willemse(Drums), Kobus van Wyk(Acoustic&Vocals), Louw de Villiers(Electric&Vocals), Aletta Sutherland(Keys), Quinette le Roux(Vocals) en Marlize van der Merwe(Vocals).
So die bal is aan die rol en ek weet dit gaan iets wees om na uit te sien, nie oor die mense wat daar gaan wees nie, maar omdat dit ‘n week is waar ons net met afwagting na die Here kan gaan. Exciting stuff!!!