2010
07.21
Sokker koors is nog lank nie verby nie en toe André ons vra om ons Fifa klere aan te trek en vuvuzelas saam te bring Worship Complete toe, moes ons weet hier kom vet pret en so het ons dan na die skoolvakansie weer letterlik afgeskop met Worship Complete!
Watter lesse kan ons uit die afgelope maand se sokker opwinding haal? Dit was die vraag wat André ons gevra het. Ons het gekyk na wat maak ‘n wenspan, die span wat daardie trofee gaan wen! Om ‘n sterk en effektiewe span te wees moet die span hulle aan die kaptein se leierskap onderwerp, oefen, by die reëls hou en as ‘n eenheid saamwerk en speel. Elkeen van ons het net so ook ‘n keuse om deel te word van die wenspan in God se Koningkryk! Dit gaan beteken dat ons ook geestelik moet oefen, by sekere reëls sal moet hou en in eenheid as ‘n span sal moet saamwerk, maar dan sal ons die oorwinning behaal en die trofee ontvang, ‘n trofee wat nie ‘n wissel trofee is nie, maar een wat ons kan hou!
Is ons in die wenspan en as ons wel daarvan deel is “pass” ons daai bal aan vir ander om ook deel te word?
Dit was so ‘n blessing om te sien hoe almal entoesiasties saam praise en worship en die aand saam geniet, opgewonde is en in eenheid is, nie oor sport nie, maar omdat ons Jesus deel! Ons kan juig en dans en sing en lawaai oor Hom! Dankie vir elkeen se terugvoering oor wat die aand vir julle beteken het, dit is baie spesiaal!
Die volgende datum vir Worship Complete Live! is 15 Augustus. Mooi bly tot dan en “pass” daai bal!
Baie liefde
Marlize
PS: Vir die wat nog wonder; Ayoba – “Uniquely South African and expresses delight, excitement, agreement and approval. It is also used as a greeting” – WikiAnswers
Tags: Worship Complete Live!; Praise and Worship; Lofprysing en Aanbidding Category Ministry |
2010
07.19
Hi Almal,
Net ‘n kort enetjie om die fotos van gisteraand op die site te sit en almal in kennis te stel. Enjoy! Ons sal later ‘n paar woorde oor die aand deel.
Groete,
“die Medic”
PS: Tanx virrie pix alweer Dad
Tags: Aanbidding, aanbiddingsbelewenis, AGS, Jesus, Riversdal, Worship, Worship Complete Live Category Ministry |
2010
07.16
Hi Almal,
Ds Andre Jordaan is die ou wat Sondagaand so vinnig met ons ga deel, maar dit wil voorkom of hy is ‘n man met ‘n plan. Dit is sy boodskap aan al die lede van Jeug Riversdal op Facebook. So bring maar julle safetybelts saam. Sy versoek is die volgende.
“Ons skop die kwartaal af met Worship Complete So 18 Jul om 18:30 by AGS. Louw en die hele Band is daar en Rev/Past Andrew Jordan. Ons ga rock. GROOT GUNS – trek jou Fifa Sokker klere aan, bring vlae en sokker balle – ja en vuvuzela!!! SIEN JOU DAAR.”
Tot later,
Louw
Tags: Riversdal, Riversdale, Worship Complete Live Category Ministry |
2010
07.14
Ek het sommer gevoel om so ietsie te deel wat so week terug op my hart was! Ons sê so baie keer vir onsself of vir mekaar dat ons die Here moet loof en prys in alles! Natuurlik is dit waar en ek glo ons harte is regtig opreg, maar na ‘n paar dae van konfrontasie met uitdagende situasies en dalk moeilike omstandighede (vir ander) en waak oor die die vreugde in my hart besef ek net weer hierdie woorde is ietwat moeliker om toe te pas as wat ons dalk aan onsself erken. Ons verwys graag en ek hou tog self so baie van die storie van Paulus en Silas wat toe hulle in die tronk was die Here geloof en geprys het; dat die aarde geskud het en die tronkdeure oopgegaan het of na Dawid wat so baie Psalms gekryf het terwyl dit regtig rof in sy lewe gegaan het, maar wanneer dit wat vir my realiteit is teen al hierdie waarheid skree, is dit regtig moeiliker.
Die volgende woorde wat Matt Redman skryf het by my opgekom en my baie bemoedig, “Situations change for better or worse, but God’s worth never changes.” Hier het ek net weer iets ontdek. Ons heg waarde aan alles wat in ons lewe met ons gebeur. Wanneer die Here iets in ons lewe doen heg ons waarde daaraan, maar omstandighede en ander dinge wat gebeur kompeteer teen en beroof ons van dit wat die Here in ons lewens doen. Wanneer die waarde van die een dan in my lewe styg, daal die waarde van die ander. Luister ek na opinies van mense oor my of na dit wat God van my sê, heg ek waarde aan die standaarde van die wêreld of aan die standaarde van God, heg ek waarde aan God se Woord wat die waarheid is? Dan die belangrikste vir my: Heg ek waarde aan Wie God in my lewe is?!!! Sjoe, dan besef ek omdat ek weet, dat ek weet, op grond van WIE Hy is, die waarde wat God vir my het, wil ek Hom loof in alles! Kan dit wees dat Paulus en Silas God geloof en geprys het omdat hulle geweet het Sy waarde is ver bo die situasie waarin hulle hulself bevind het, ver bo dit wat hulle prys gegee het en sommer net vir Wie Hy in hulle lewens was? Ja, omstandighede en situasies verander, maar God se waarde verander NOOIT nie!!!! Daarom kan uitroep en sing in alle omstandighede: “Here my God ek sal U loof, ek sal U prys, U is ongelooflik, U is alles vir my!”
Phil 3:7,8
“But what things were gain to me, those I counted loss for Christ. Yea doubtless, and I count all things but loss for the excellency of the knowledge of Christ Jesus my Lord: for whom I have suffered the loss of all things, and do count them but dung, that I may win Christ.”
“U is alles vir my
U is die lied hier op my lippe, U’s die Naam wat ek bely
U is alles vir my
U’s my begin, U is my einde, U’s my weg, U is my lewe
U is alles vir my en U is genoeg!”
Retief Burger
Tags: Alles vir my, Worship Journal Category Day2Day |
2010
07.14
Hi Almal,
Soos ons genoem het by Worship Complete Live! van April is dit spesiaal om te dink dat liedere elkeen gebore is uit ‘n persoon se hart wat iets ervaar van God se karakter en ons posisie teenoor dit. Dit beteken dan eintlik elke lied is ‘n getuienis op sy eie.
“Hier is ek” is gebore uit ‘n hart waar ek net gevoel het ek wil dit met alle energie wat in my is vir soveel as moontlik mense sing dat ek kies om saam met God te stap en Sy wil vir my lewe te volg. Om gereed te wees om ag te slaan op Sy stem elke oomblik van die dag en standpunt in te neem oor die Een waarin ek glo. Dit is nie ‘n baie tegniese lied nie, net ‘n eenvoudige uitdrukking van opregte hart. Ek deel dit graag met julle
Louw – Hier is ek
Category Ministry, ShoutingStoneStudios |
2010
07.13
Gedurende die Worship Complete Live! aand van April het Marlize een van haar eie liedjies gesing en vertel hoe die lied in haar hart gebore is.
Marlize – Love You With All
Category Ministry, ShoutingStoneStudios |
2010
07.13
Hier is die lewendige opname van “When the oceans rise” soos voorgedra deur Johan.
Johan – When The Oceans Rise
Category Ministry, ShoutingStoneStudios |
2010
07.08
Hallo Almal,
Net ‘n kort boodskap om vir al julle klomp mooi mense te se dat ons weer die 18de bymekaar kom by Jabes AGS vir Worship Complete en almal is welkom.
Tags: Aanbidding, aanbiddingsbelewenis, Gesamentlike Aanbidding, Worship, Worship Complete Live Category Day2Day |
2010
06.23
Verlede Vrydagaand het ek die geleentheid gehad om te gaan kuier by die AGS kerk in Melkhoutfontein se jeug. Hulle jeugleier, Jonathan, is besig om psalm 23 oor ‘n tydperk van ‘n paar Vrydae deur te werk en het hy my gevra of ek nie iets het om te deel met hulle oor hierdie lieflike deel van die skrif nie.
My pa het al ‘n hele klompie jaar terug vir my in ‘n ou hoogs-hollandse bybel gewys hoe die eienaar, wat heel moontlik in die groot depressie jare geleef het, psalm 23 “deur” gelees het. Die blaaie is baie duidelik meer aan gevat as die res rondom dit en is daar selfs vlekkies wat lyk soos druppels wat merke gelaat het op die bladsy wat nie op ander plekke voorkom nie. Wat hierdie druppels is, of dit nou net water of dalk trane is, maak nie saak nie, want dit verskyn alles by psalm 23. Dit het ‘n groot indruk op my gemaak wat gemaak het dat ek self ook redelik al tyd spandeer het op hierdie psalm en is was daar nog altyd baie rykdom daarin. Wel nie in die woorde van die psalm nie, maar hoe direk dit spreek tot ons lewe selfs nog vandag.
Ek skryf nou baie oor die psalm, maar wat ek egter wil deel is net in kort hoe ons Herder nogsteeds gereed staan om ons te laat neerle in groen weivelde en te neem na waters van rus is. Ons het sommer as die klein groepie van 17 mense rustig op ‘n mat gesit en net ons gedagtes weer oor die woorde van die psalm laat gaan en kortliks stil gestaan by die gedagte van gaan “neerle” by die weivelde en waters. Sonder om veel te doen het ek net met die ghitaar gesit en ons het die koor gedeelte van Light of the world gesing en net rustig geraak by Hom. Vandaar het Hy self met outjies begin gesels en werk en was dit so ‘n voorreg om te sien hoe getrou Jesus is om nie net te wees in woorde nie, maar ook deur Sy Gees lewend by ons.
Vanuit my persoonlike ervaring van die aand was dit vir my baie spesiaal om te weet dat die outjies nie gaan vaskyk in my op soek na hulle ervaring nie, maar hulle het ‘n geleentheid gehad waar hulle met God self kon ontmoet. Ek dink ek probeer maar net met hierdie paar woorde getuig van God se werklikheid en Sy begeerte om ons te ontmoet, Sy skepping.
Groete vanuit ‘n kouerige Laingsburg,
Louw
Category Day2Day |
2010
06.16
Dit is ‘n geruime tyd vandat ons ‘n bietjie nuus op die blad gesit het, maar julle het nie veel gemis nie. Hmmmm behalwe vir Worship Complete Live vir Mei wat ‘n spesiale aand was. Weereens was dit iets anders as die voriges en daar was gefokus op gebed met Tilana van Stilbaai wat met ons gedeel het. Baie dankie vir die terugvoering wat ons kry vanaf individue wat rerig bemoedigend is. Dit is goed om te weet dat die aande waarde het vir mense en dat hulle dit nie ervaar as ‘n “show” nie.
Dit is immers ons hart om ‘n geleentheid te skep waarby enige persoon welkom sal wees om te wees wie hy of sy is voor God se aangesig en dit is goed om te hoor dat dit gebeur. Dit bly vir my een van die grootste seeninge om te kan sien hoe mense hul Hemelse Vader self ontmoet in tye van aanbidding. Ons vat wel ‘n bietjie ‘n breek vir Junie en sal die volgende Worship Complete Live aand in Julie wees. Ek dink nie ons het al datums vasgemaak nie, maar hou maar die winkel vensters en u gemeentes se afkondigings dop. Hopelik onthou ek darem om weer vanaf die webblad weer ‘n kennisgewing te laat uitgaan en dan is die Facebook group ook ‘n goeie manier om op hoogte te bly.
Dit is darem nie dat daar niks gebeur het nie en vir die wat by April maand se Worship Complete Live aand was, sal onthou dat ons ‘n paar liedere gesing het aan die begin. Die klank en beeld is opgeneem en kon ek darem iets doen daarmee. Ek glo ons sal van dit kan beskikbaar maak op die site vir luister en moontlik download vir die wat wou.
Nou ja, julle moet warm bly in ons winter wat waarlik opgedaag het hierdie week met lekker sneeutjies op die berge. Groete en vrede,
Louw
Category Day2Day |